Konflik is onvermydelik deel van mens-wees. Dikwels word konflik
hanteer deur te fokus op die probleem. Dit maak dit uit die aard van
die saak uitdagend om by die oplossing uit te kom. Mense verskil- dit
weet ons alte goed. Daar is vier basiese temperamente wat in kombinasies
deel uitmaak van alle mense. Dit maak dat mense van nature van mekaar
verskil. Elke temperament het sy eie natuurlike sterk asook natuurlike
“swak” kwaliteite. Elke temperament of persoonlikheidstipe het eie
begeertes, emosionele behoeftes, vrese, unieke reaksies op stres en eie
bestuurstyle. Voordat ‘n mens enige konflik kan hanteer, is dit belangrik
om twee vrae te vra: Wie is Ek? en Wie is Jy? Hoe lyk my ingebore
temperament met sy natuurlike sterk en “swak” kwaliteite – en hoe
lyk joune? Onkunde oor hierdie natuurlike eienskappe, het al
menige verhoudings onnodig laat skade ly en laat die konflikvure brand..